Doornkraal de Rust
doornkraal
stories gallery
Venue
Doornkraal photo Doornkraal photo Doornkraal photo
Werf Storie
Boerbone

Na die wintertuin se karige offerhande begin 'n mens verlang na die somertuin se oordaad: rooiryp tamaties van die bos af, 'n lekker kooksel vars groenbone, of 'n eiervrug of twee. Maar terwyl jou somerverlange soos 'n ongevraagde belustigheid gegroei het, het 'n ewe ongevraagde lekkerte skielik in die vroeë lente uitgedy: boerbone.

Dié lentegeskenk is onbekend en onbemind, maar in dieselfde smaakliga as aspersies, ertjies en preie.

Read more
Recipe of the Month
Skoenlapperpasta met boerbone

Porsies: 4 - 6
Werkstyd: 20 minute
Aanwysing: Maklik

Boerbone is van die eerste Lente-groente wat 'n mens kan oes uit jou tuin. Dit is eintlik 'n ert en dus lief vir die koeligheid van die winter. Saai boerbone van einde Maart tot laat winter op 'n sonnige plek.

Download full recipe
Please note:
A courier quote will be supplied once you've placed your order.
On approval of the quote, payment instructions will be supplied.
Kweperkaas

Kweperkaas

Gemaak van Klein Karoo kwepers, suiker & liefde. Dis al. O ja, en sonskyn. heerlik by enige beleë kaas, vars brood of beskuitjies en 'n glas Doornkraal wyn. Bevat geen geur-, preserveer- of geurmiddels nie.

Quince Cheese made with quince and sugar - contains no dairy. That's it. Serve with cheese on a cheese platter and enjoy with a glass of Doornkraal wine.

R19.00
50g


R375.00

1kg

Sjinese Eendsous

Sjinese Eendsous

Tuisgemaak van pruime, suiker en speserye. Geurige soetsuur sous wat lekker is as doopsous vir vleis en om saai geregte mee op te kikker.

It's called Chinese Duck sauce, although it contains no duck. Made from plums, sugar & spices and is good with pork, duck and spare ribs.

R32.00
250ml

Gerookte Sout

Karoobossie Sout

Die lekkerste tafel-, kook- & braaisout.
Diepste seesout, begeester met die rook van karoobossies.  Gegeur met titsels roosmaryn, koljander, tiemie en marjolein. Alles organies.  Niks eienaardigs by nie.

Atlantic sea salt, enchanted with Karoobossie smoke spiced up with touches of rosemary, coriander, thyme & marjoram. All organic.  Nothing unpronouncable in here.

R34.00
100 g meule / grinder


R38.00

200 g hervulsakkie / refill

Kinderkop Marmelade

Kinderkop Marmelade

Uit ons plaaskombuis, sorvuldig gemaak van Kinderkoppe, 'n groot, oudtydse sitrusvrug.

Made from old fashioned shaddock citrus which resembles the size of a baby's head, hence the name.

R45.00
375 ml Glass Jars

Appelkoos

Appelkoos & Perskerol

Gemaak van gedroogde appelkose en perske vir die perfekte soet-suur verhouding.


Minced sundried peaches and apricots made into a flat sheet, rolled
up. The perfect energy snack.

R25

Speserykwepers

Speserykwepers

Gestoofde kwepers met muskadel en speserye in sy eie stroop. Heerlik as bygereg. Bevat niks snaaks nie.

Stewed muscadel quince with spices. Perfect as side dish or condiment, especially with wild things like venison or ostrich.

R42
750 ml

Speserykwepers

Kweperjellie

Tuisgemaakte jellie van ons Klein Karoo kwepers.

Jelly made of quince in our garden. Quince....

R59
375 ml

Speserykwepers

Sitroenkonfyt

Konfyt van die oudtydse sitrusvrug, sitroen. Die smaak is spesiaal en vir fynproewers.

Jam of the citron, bottled emerald coloured pieces in a clear syrup. Limited edition.

R45
375 ml

Speserykwepers

3 Vrugte Marmelade

Heerlike kooksel van sitrusvrugte uit ons tuine. 'n Skon kan nie vir beter geselskap vra nie.

Marmelade jam from orange, seville orange and Shaddock. No preservatives in any of our products.

R46
375 ml

Kwaaimansous

Kwaaimansous

Kikker 'n saai sop of 'n sedige bredie op met Kwaaimansous.  'n Skeut daarvan in die kastrol net voor jy opskep, 'n lepeltjie in die sopkom, of drupsgewys in 'n marinade - geniet hierdie soetwynrissiesous soos jy goedvind.

At Doornkraal a table without Kwaaimansous is not considered properly set.  Delicious chilli-infused jerepigo improves even the blandest of dishes - use sparingly, because it has a lekker skop.

R28.00
125 ml Glass Jars

Moskonfyt

Moskonfyt

Geduldig tuisgemaak op tradisionele wyse. Bevat druiwesap & gegeur met 'n sakkie speserye in kookpanne op populiervlamme. Lekker op roosterbrood of plaatkoekies met plaasbotter of oor roomys. Geen preserveermiddels of enige snaakse byvoegings nie.

Our home made Grape Must Syrup is prepared according to the traditional recipe. Made at Doornkraal with fresh grape juice (must). 0% alcohol, no additives. Pour over buttered toast, crumpets or ice cream.

R58.00
250 ml Glass Jars

Plaasasyn

Plaasasyn

Vir lekkerbekke.
Asyn is so oud soos die Romeinse Ryk, en op Doornkraal in die Klein Karoo word hierdie 12 jaar oue asyn gemaak van 'n dessertwynmoeder wat al 70 jaar in die ou eikehoutvate van ons kombuiskelder woon. 'n Skeutjie asyn doen wonders aan bredies en vleissouse. Geregte soos kalfslewer, rooivleisdisse, pepersous en kalfsoogeier vind almal baat by 'n teelepel of wat. Jy kan dit meng met bietjie soetwyn of verdun met water na gelang van smaak. Jy kan dit ook versoet met 'n bietjie gekarameliseerde suiker vir 'n balsamiese tipe smaak. Dit bevat geen swael of enige ander preserveermiddels nie.

Aged in old oak barrels, the uses of this exceptional vinegar is as wide as the imagination of the cook.

R48.00
500 ml

Pampoen Pitte

Geroosterde Pampoenpitte

Ligweg met karoobossies berook. Inhoud: Pampoenpitte, seesout.  Nét dit, niks eienaardigs nie.

Roasted pumpkin seeds, lightly smoked with Karoobossies.  Use in salads or as a snack.
Contains nude pumpkin seeds & sea salt.  That’s it.

R12 / 54g

Doornkraal Padstal