Doornkraal de Rust
doornkraal
Atories Gallery
Venue
Doornkraal photo Doornkraal photo Doornkraal photo
Werf Storie
Boerbone

Na die wintertuin se karige offerhande begin 'n mens verlang na die somertuin se oordaad: rooiryp tamaties van die bos af, 'n lekker kooksel vars groenbone, of 'n eiervrug of twee. Maar terwyl jou somerverlange soos 'n ongevraagde belustigheid gegroei het, het 'n ewe ongevraagde lekkerte skielik in die vroeë lente uitgedy: boerbone.

Dié lentegeskenk is onbekend en onbemind, maar in dieselfde smaakliga as aspersies, ertjies en preie.

Read more

Boerbone

Na die wintertuin se karige offerhande begin 'n mens verlang na die somertuin se oordaad: rooiryp tamaties van die bos af, 'n lekker kooksel vars groenbone, of 'n eiervrug of twee. Maar terwyl jou somerverlange soos 'n ongevraagde belustigheid gegroei het, het 'n ewe ongevraagde lekkerte skielik in die vroeë lente uitgedy: boerbone. Dié lentegeskenk is onbekend en onbemind, maar in dieselfde smaakliga as aspersies, ertjies en preie.
Nou mag jy dink: 'Boerbone? Wat is so fênsie aan boerbone?' Maar jy sal vir jou verneuk. Boerbone word ook 'fababone' genoem; en dis sommer 'n bekvol. Want faba is Latyn vir boontjie; wat sê dat dié bone oeroud is. Dis om die waarheid te sê al vir millenia deel die mense rondom die Middelandse See se dieet en op die koop toe het 'n allergie vir dié bone gelei tot 'n filosofiese verbod op die eet daarvan wat uit Pithagoras se dae uit kom. 'n Boon met 'n stamboom, dus.
Sommer vir die interssantheid: Die allergie word genoem fabisme, of bonesiekte. Dis die gevolg van 'n G6FD (glukose-6-fosfaat-dehidrogenase) tekort. Fabisme is die mees algemene menslike ensiemdefek. Dis oorerflik en as jy dit het en boerbone eet, kan dit akute bloedarmoede veroorsaak wat selfs tot jou dood kan lei.

Boerbone

Boerbone word nie net geëet nie. Dit word ook geplant as dekgewas omdat dit help om stikstof in die grond te bind en help teen gronderosie. Maar 'n boon wil jy eintlik eet, nê? Wel, eet kan jy boerbone eet – sommer op vier stadiums van die plant se lewe geëet. Boonop behoort dit ook aan daardie ekslusiewe groep groente wat onteenseglik beter smaak as dit vars uit die tuin kom as van 'n winkelrak af. Sodra die bloeisels aan die plant begin verdroog en afval, kan jy begin uitkyk vir die klein peule wat teen die stam gedra word. As jy 'n stewige klompie saad gesaai het en jy regtig nie kan wag nie, kan die babapeule gepluk word as hulle so 4 – 5 cm lank is en net so gaargemaak word in 'n bietjie pietersieliebotter.

Sodra 'n paar peule geset het, kan die plant getop word om sodoende die groeikrag na die oes te stuur. Dit help ook om swartvlieg in toom te hou wat nogal lastig kan wees, veral laat in die seisoen. Die toppe kan vars in slaai gebruik word of soos 'n groen blaargroente voorberei word. Dit het nogal 'n aparte smaak, soos die Hollanders sê.
Sodra die boontjies in die peule ongeveer so groot soos 'n vingernael is (of sê maar 'n 10c muntjie) kan hulle uitgedop en rou geëet word met growwe sout oor, of liggies gekook en gebotter.

Raak die bone ouer, maar voordat die suiker omgesit is in stysel, met ander woorde, nie lank in die tand nie, dan is dit nodig om die bone uit die peul te haal en nadat dit net geblansjeer is, weer elke enkele boontjie uit te dop. Dit is 'n taak wat jy doen terwyl jy diep wonder oor die sin van die lewe, want dis maar afgesaag. Maar ai, as jy die lente proe, wonder jy sommer of daar nie nog 'n probleem is wat in jou gedagtes uitgestryk moet word nie.

As jy nou reeds die sin van die lewe onder die knie het, dan kan jy bone op dié stadium ook kook tot sag, puree met skilletjie en al, komplementeer met 'n bietjie sout, varsgemaalde peper, vars kruie (soos kruisement of pietersielie) en vars ekstrarein olyfolie. Saam met varsgebakte brood, is dit hemel op aarde (van sin van die lewe nou gepraat, sien).
Los jy die bone aan die stoel om heeltemal bekwaam te raak en te verdroog, word dit droë bone vir die winter en die basis vir baie wonderlike lekker geregte.

Boerbone is maklik om te kweek en word in die vroeë herfs aangeplant in gebiede met 'n matige winter. Hulle kan egter nogal stand hou teen koue, maar nie bitter koue nie. Van hitte hou hulle nie en plante sal dan nie goed dra nie.
Plant daarom maar boerbone as jy hoegenaamd kan. Jy sal nie spyt wees nie.

Bronne:
Food for Thought: Simon Courtauld
Maggie's Harvest: Maggie Beer
Larousse Gastronomique
En natuurlik Wikipedia

Skoenlapperpasta met Boerbone

Porsies: 4 - 6
Werkstyd: 20 minute
Aanwysing: Maklik

Boerbone Pasta

Boerbone is van die eerste Lente-groente wat 'n mens kan oes uit jou tuin. Dit is eintlik 'n ert en dus lief vir die koeligheid van die winter. Saai boerbone van einde Maart tot laat winter op 'n sonnige plek. Die plante is 'n aanwins vir jou tuin, omdat dit stikstof bind en baie voordelig is groente wat ná hulle geplant word. Hulle wil nie gepiep word nie. Die jong toppe van plante kan uitgeknyp word en soos spinasie gekook word. Die bereiding van boerbone is 'n bietjie langdradig, maar tog lekker: dop die bone uit die peule, blansjeer vir 1 minuut in kookwater, laat afkoel in yswater en skil dan elke boon af. Baie jong bone kan met peul en al geëet word. Die bone vries uitstekend nadat dit geblansjeer is. Soms is dit vars te koop in die vroeë Lente. Die resep is van Yotam Ottolenghi.

Bestanddele:
• 500 g boerbone, vars of bevrore
• 3 e botter of margarien
• ½ ui, geskil en dun gesny, of 'n bossie jonguie gesny
• 400 ml witwyn
• ½ t suiker
• sout en gemaalde witpeper (of swart, maar wit se smaak pas perfek)
• 500 g skoenlapperpasta (farfalle)
• 3 e olyfolie
• afgerasperde skil van 2 suurlemoene
• 1 e suurlemoensap
• ½ k gerasperde pecorino (opsioneel)
• vars kruie, soos pietersielie of grasui of dille of tiemie of kruisement

Metode:
Indien die boerbone nog nie voorberei is nie, blansjeer en dop hulle af.
Verhit die botter of margarien in 'n swaarboomkastrol en braai die ui tot dit begin verkleur. Voeg nou die witwyn, suiker en sout en peper by en laat inkook totdat daar ongeveer 1 e witwyn oorbly. Roer die boerbone by, haal van die hitte af en hou eenkant.
Kook die pasta in soutwater volgens die instruksies, dreineer en hou 1 k van die pastawater eenkant.
Roer die pasta versigtig by die groente, geur met die suurlemoensap en –skil en kaas indien gebruik. Gooi 'n bietjie van die pastawater by indien die gereg te droog lyk. Wanneer die kaas weggelaat word, is die gereg net so lekker met gekapte vars kruie.

Recipe of the Month
Skoenlapperpasta met boerbone

Porsies: 4 - 6
Werkstyd: 20 minute
Aanwysing: Maklik

Boerbone is van die eerste Lente-groente wat 'n mens kan oes uit jou tuin. Dit is eintlik 'n ert en dus lief vir die koeligheid van die winter. Saai boerbone van einde Maart tot laat winter op 'n sonnige plek.

Download full recipe
Doornkraal Padstal