Doornkraal de Rust
doornkraal
stories gallery
Venue
Doornkraal photo Doornkraal photo Doornkraal photo
Wedding & Function Venue
TANTE MARIA SE STAL
Lang jare terug het die trekdiere hier uit ‘n lang geelhoutkrip gevreet en saans is die vee veilig agter die witgekalkte kraalmuur ingejaag. Meer onlangs, in die 1940’s, toe die hoofpad tussen De Rust en Uniondale nog digby die werf verbygeloop het, het Hobbie le Roux hier ‘n teekamer vir moeë reisigers bedryf.

Tante Maria se Stal is intussen omskep in ‘n betowerende plek waar ons plaaslike wyne geproe kan word en ligte verversings of maaltye geniet kan word. Ons is ingerig vir groepe van 10 of meer mense. Funksies en spesiale geleenthede word graag pasgemaak na u behoeftes. Bespreking vooraf is egter noodsaaklik - ons het tyd nodig om die beste van die Klein Karoo voor te sit!

Kontak ons vir meer besonderhede.

Our venue, which we call Tante Maria se Stal, is a charming venue with modest old world character. Once a stable for farm animals, it is a happy place to host all sorts of events for 10 or more guests. Call us for more details and options.

Wedding & Function Venue

Venue Venue
Venue Venue
Venue Venue